
#JouMenseMyMense
GROOTfm 90.5
Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”! Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem. GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
Categories: Technology
Listen to the last episode:
Louna Vermeulen het vir ons ‘n epos gestuur waarin sy sê: “Die Here lê dit al lank op my hart om vir jou ‘n e-pos te stuur en hulp te vra. Ek gaan my storie so kort moontlik hou. My broer se verloofde is ‘n invalide. Altwee haar bene is geamputeer as gevolg van “gangerine”. My broer moet haar fisies rond dra, toilet toe en haar bad toe dra om te bad. Hy is ook nie gesond nie en ly aan emfiseem. Grace is 71 jaar oud en my broer, 62. Hulle het geen ander behoeftes nie.” Grace is totaal afhanklik van Martin, en Louna se groot navraag was om haar te help om meer beweeglik te wees – veral wanneer sy moet badkamer toe gaan. Grace maak tans gebruik van ‘n baie ou rolstoel, wat haar seermaak wanneer sy op hom sit. Buiten hulle huidige uitdagings, is Martin en Grace deur ‘n magdom traumatiese ervarings die afgelope tyd, maar ons kan sien dat hulle baie dankbaar en lief is vir mekaar. Martin se vrou is verlede jaar oorlede na ‘n kort siekbed, en Grace is ook ‘n weduwee. Martin het baie onlangs twee hartaanvalle gehad en is in Steve Biko Hospitaal opgeneem, waar hy gelukkig herstel het. Hy is ook onlangs afgelê deur sy werkgewer as gevolg van sy emfiseem. Toe ontmoet hy vir Grace, en is hulle is nou nie net smoorverlief nie, maar ook verloof. Grace se twee bene is geamputeer as gevolg van suikersiekte wat ‘gangerine’ veroorsaak het. Sy drink tans ‘n pilletjie, en haar suiker is nou onder beheer. Sy het een week voor ons besoek ook drie van haar vingers met amputasie verloor. Sy is tans totaal afhanklik van Martin, wat haar onder andere moet badkamer toe dra. Haar beweeglikheid is uit die aard van die saak totaal beperk, en haar en Martin se grootste wens was ‘n gemakliker rolstoel wat die proses van beweging vir hulle albei sou vergemaklik. GROOTfm 90.5 het gaan kuier…
Previous episodes
-
241 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Genade vir Grace Tue, 17 May 2022 - 0h
-
240 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Malome’s Movement Tue, 10 May 2022 - 0h
-
239 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Wanneer hoop die eintlike pasaangeër is Tue, 03 May 2022 - 0h
-
238 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Die ‘Country Queen van Durban’ gestroop van haar amp Thu, 28 Apr 2022 - 0h
-
237 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Waar daar lewe is, is daar hoop Tue, 19 Apr 2022 - 0h
-
236 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Anthony se beskermengel Wed, 13 Apr 2022 - 0h
-
235 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Tyd om teëspoed te verpant Wed, 06 Apr 2022 - 0h
-
234 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Brandon kan weer beweeg Wed, 23 Mar 2022 - 0h
-
233 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Juander se nuwe glimlag Tue, 15 Mar 2022 - 0h
-
232 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘Jy het nie twee arms nodig om te lewe nie...’ Tue, 08 Mar 2022 - 0h
-
231 - #JouMenseMyMense saam met SPAR - ‘n Geleen-TYD vir Ben en Donné Wed, 02 Mar 2022 - 0h
-
230 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – As die musiek begin speel… Wed, 23 Feb 2022 - 0h
-
229 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Dankie, CHOC! Wed, 16 Feb 2022 - 0h
-
228 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Om vir bloed te baklei Wed, 09 Feb 2022 - 0h
-
227 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Met soveel seer, kies Lerato nogtans om te inspireer Wed, 02 Feb 2022 - 0h
-
226 - Jou Mense My Mense -Big Box, GROOT harte! Thu, 09 Dec 2021 - 0h
-
225 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Haal net asem Wed, 24 Nov 2021 - 0h
-
224 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Nie wie jy is nie, maar aan Wie jy behoort Wed, 17 Nov 2021 - 0h
-
223 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Jesus se stapsoldaatjie, Avorey 2 Thu, 11 Nov 2021 - 0h
-
222 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Jesus se stapsoldaatjie, Avorey Thu, 11 Nov 2021 - 0h
-
221 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Diakonale pleegsorg gaan Dinokeng toe! Wed, 03 Nov 2021 - 0h
-
220 - JouMenseMyMense saam met SPAR – In die kake van omstandighede Wed, 27 Oct 2021 - 0h
-
219 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Die Smit-gesin Wed, 20 Oct 2021 - 0h
-
218 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Raadop Tue, 12 Oct 2021 - 0h
-
217 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Dryf en deursettingsvermoë is ingeprogrammeer in Ettiene se DNS Wed, 06 Oct 2021 - 0h
-
216 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Angel Tue, 28 Sep 2021 - 0h
-
215 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Prinses Beandrie Thu, 23 Sep 2021 - 0h
-
214 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Romeine 8:37 Tue, 14 Sep 2021 - 0h
-
213 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Wanneer die berge blou bly Tue, 07 Sep 2021 - 0h
-
212 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Moedverloor se vlakte het ‘n adres Wed, 01 Sep 2021 - 0h
-
211 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Die DRIE Musketeers kan weer heers Wed, 25 Aug 2021 - 0h
-
209 - Versorg die Versorger, Reeks DRIE Wed, 18 Aug 2021 - 0h
-
208 - Luisteraars Terugvoer- Maryke Wed, 18 Aug 2021 - 0h
-
206 - JMMM 11 AUG- Sonja en Francois Retief Wed, 11 Aug 2021 - 0h
-
205 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Martin Matthee Wed, 04 Aug 2021 - 0h
-
203 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Martin Matthee Tue, 27 Jul 2021 - 0h
-
202 - JMMM 21 JULIE Wed, 21 Jul 2021 - 0h
-
201 - Jou Mense My Mense - Baba Nico Tue, 13 Jul 2021 - 0h
-
200 - Jou Mense My Mense 7 Julie Tue, 06 Jul 2021 - 0h
-
199 - INTIEM ONDERHOUD 3 JUNIE Tue, 22 Jun 2021 - 0h
-
198 - INTIEM ONDERHOUD 7 JUNIE Tue, 22 Jun 2021 - 0h
-
197 - INTIEM ONDERHOUD 12 MEI Tue, 22 Jun 2021 - 0h
-
196 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Verwag die onverwagse Tue, 22 Jun 2021 - 0h
-
195 - #JouMenseMyMense 9 Junie 2021 Mon, 07 Jun 2021 - 0h
-
194 - Jou Mense My Mense- Ouma Maggie Wed, 02 Jun 2021 - 0h
-
193 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – Wanneer staal buig Tue, 25 May 2021 - 0h
-
191 - #JouMenseMyMense saam met SPAR – Petri en sy ‘Rolls-Royce’ Tue, 18 May 2021 - 0h
-
190 - Jou Mense My Mense saam met SPAR – ‘n Glimlag vir Rochelle Lotter Thu, 13 May 2021 - 0h
-
189 - Jou Mense My Mense Saam Met SPAR – Jakes en Anna de Vos Thu, 06 May 2021 - 0h
-
188 - INTIEM ONDERHOUD 20 APR 2021 Fri, 30 Apr 2021 - 0h