KOPSKUIF

KOPSKUIF

Welkom by Kopskuif, jou bron van insiggewende gesprekke oor onderwys! Hierdie program bied ‘n platform waar alle rolspelers in die onderwysbedryf, van skoolhoofde tot leerders, ouers, onderwyskundiges en ander belanghebbendes, hul perspektiewe en ervarings kan deel. Elke episode bied die kans om te leer hoe onderwys nie net die verantwoordelikheid van skole is nie, maar iets wat die hele gemeenskap betrek. Mercia Eksteen, die aanbieder, lei hierdie inspirerende gesprekke, wat daarop gemik is om mense aan te moedig om hul rol in die onderwys en gemeenskapsontwikkeling te erken. Die program ondersoek hoe onderwys die grondslag lê vir 'n beter samelewing en hoe elke individu ‘n verskil kan maak. Of jy ‘n onderwyser, leerling, ouer, of gemeenskapsleier is, Kopskuif bied praktiese insigte en waardevolle besprekings oor hoe ons die onderwyslandskap kan verbeter en transformeer. Met die steun van die ATKV, wat die belangrikheid van samewerking in onderwys beklemtoon, is Kopskuif ‘n program wat die deure oopmaak vir gesamentlike aksie en positiewe verandering in die onderwysstelsel. Sluit aan by ons op Radio Kaapse Kansel elke Saterdag van 16:00 tot 17:00 en raak betrokke in die gesprekke wat die toekoms van onderwys vorm. Volg ons vir inspirerende gesprekke oor onderwys, leer, en gemeenskapsontwikkeling wat jou sal aanmoedig om aktief by te dra tot 'n beter onderwysomgewing. Luister na Kopskuif – Jou gids na ‘n sterker, meer inklusiewe onderwyslandskap!
00:00
00:00

Episode's summary

Franceska Groenewald, voorsitter van die ATKV-tak Overberg, gesels op 12 September op Kopskuif. Skakel in en kom luister hoe hierdie ATKV-tak 'n verskil in hulle gemeenskap maak.

Episodes

342-

Franceska Groenewald, voorsitter van die ATKV-tak Overberg, vertel hoe hierdie ATKV-tak 'n verskil in hulle gemeenskap m

Franceska Groenewald, voorsitter van die ATKV-tak Overberg, gesels op 12 September op Kopskuif. Skakel in en kom luister hoe hierdie ATKV-tak 'n verskil in hulle gemeenskap maak.

12 Sep 2026
341-

Reinette Lombar, medeskrywer van die gewilde “Tippie”-reeks gesels oor hierdie bekende olifant kinders aan die lees kry.

Reinette Lombard, medeskrywer van die gewilde ‘Tippie’-reeks, gesels op 5 September op Kopskuif. Skakel in ek kom luister hoe Reinette gesels oor hoe hierdie bekende olifant kinders aan die lees kry. Tippie is deel van die ATKV se EkKanLees-projek wat ten doel het om leesgeletterdheid te bevorder. Jy wil nie hierdie aflewering misloop nie, want Reinette vertel ook van ’n baie opwindende projek ter viering van Wêreldgeletterdheidsdag.

05 Sep 2026
340-

Reinette Lombar, medeskrywer van die gewilde “Tippie”-reeks gesels oor hierdie bekende olifafant kinders aan die lees kr

Reinette Lombard, medeskrywer van die gewilde ‘Tippie’-reeks, gesels op 5 September op Kopskuif. Skakel in ek kom luister hoe Reinette gesels oor hoe hierdie bekende olifant kinders aan die lees kry. Tippie is deel van die ATKV se EkKanLees-projek wat ten doel het om leesgeletterdheid te bevorder. Jy wil nie hierdie aflewering misloop nie, want Reinette vertel ook van ’n baie opwindende projek ter viering van Wêreldgeletterdheidsdag.

05 Sep 2026
339-

Aviwe Ngabom is ’n Suid-Afrikaanse akteur en seremoniemeester gesels oor sy dryfkrag, geleenthede en loopbaan.

Op Saterdag 29 Augustus gesels Aviwe Ngabom op Kopskuif. Hierdie Suid-Afrikaanse akteur en seremoniemeester gesels oor sy dryfkrag, geleenthede en loopbaan. Verder deel bekende joernalis en skrywer, Elize Parker, 'n oomblik van refleksie.

29 Aug 2026
338-

Nina Strydom die algehele wenner van die ATKV-Redenaars 2025-kompetisie – ’n prestasie wat haar stem en talent op ’n nas

Nina Strydom se pad na sukses is verweef met die ATKV. Sy was die algehele wenner van die ATKV-Redenaars 2025-kompetisie – ’n prestasie wat haar stem en talent op ’n nasionale verhoog geplaas het. Daarby was sy ’n finalis van ATKV-DigiToneel, waar sy haar kreatiewe vermoëns verder kon slyp en ’n verskyning in die ATKV se eie TV-realiteitsreeks, Gekies vir die Kollig, kon maak. Kom luister op 22 Augustus hoe Nina op Kopskuif gesels oor haar nuwe lewensfase, haar studies in bedryfsielkunde en die rol van Jessica in die nuwe kykNET-reeks Beter as Gister.

22 Aug 2026