Vers en Klank

Vers en Klank

RSG

Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.

Categories: TV & Film

Listen to the last episode:

Sophia van Taak praat met professor Joan Hambidge oor die nalatenskap van haar goeie vriend, die digter Johann de Lange, wat in Maart vanjaar oorlede is. De Lange het in sy leeftyd 15 digbundels gepubliseer, hy het kortverhale geskryf en ook ander Afrikaanse digters se werk na Engels vertaal. Hy was die samesteller van menige bloemlesing uit die werke van, onder andere, Hennie Aucamp, Wilhelm Knobel en Lina Spies, en ook die oorhoofse redakteur van AVBOB se jaarlikse poësieprojek. As digter het hy grensverskuiwende werk gelewer, veral in sy bundels waarmee hy ’n weg gebaan het vir die erotiese digkuns. Buiten dié liefdesverse het hy ook met groot vernuf oor ander temas gedig. Joan gesels oor sy pa-gedigte, die verse oor Marylin Monroe, en die invloed wat ’n ouer generasie Afrikaanse digters op De Lange gehad het.

Previous episodes

  • 694 - Vers en klank 8 Julie 2025 
    Tue, 08 Jul 2025
  • 693 - Vers en klank 1 Julie 2025 
    Tue, 01 Jul 2025
  • 692 - Vers en klank 24 Junie 2025 
    Tue, 24 Jun 2025
  • 691 - Vers en klank 17 Junie 2025 
    Tue, 17 Jun 2025
  • 690 - Vers en klank 10 Junie 2025 
    Tue, 10 Jun 2025
Show more episodes

More South African tv & film podcasts

More international tv & film podcasts

Choose the genre of podcast