AGS Dinamika Preke

AGS Dinamika Preke

Preke van AGS Dinamika
00:00
00:00

Episode's summary

God is sigbaar deur Jesus... En die Volheid van God is vir ons gegee! Kom ons leef vanuit Sy Volheid.

Episodes

263-

Dun gesmeer

God is sigbaar deur Jesus... En die Volheid van God is vir ons gegee! Kom ons leef vanuit Sy Volheid.

04 Oct 2026
262-

Agter jou skild

Almal van ons kruip weg agter ons Skild... Maar is dit so effektief soos wat jy dink? Die aanvalle kan gekeer word, kom ons staan in geloof op Sy Woord!

27 Sep 2026
261-

Het jy nog.....adrenalien?

Ons mag nooit gewoond raak aan dit wat ons het as kinders van die Here nie. Daar is christenne in lande wat vervolg word wat enigiets sal wil gee om te kan hê wat ons het. Kom ons leef op so manier dat die volgende generasie op ons skouers kan staan.

20 Sep 2026
260-

a.g.v. of t.s.v.

Is jy 'n agv-mens of 'n tsv-mens? As ons nie ons gedagtes gevange neem nie word ons gevangenes van ons gedagtes. Neem 'n vooruitgedateerde besluit dat Jesus altyd eerste kom in jou lewe. Tsv hoe jy voel, wat mense sê of jou omstandighede kies om te fokus op Jesus.

13 Sep 2026
259-

Die Leeu en die Reus

Hierdie lewe is nie aldag maklik om te leef nie. Jesus het dit baie duidelik vir ons geleer. Selfs in moeilike en uitdagende tye waarin ons leef met leeus en reuse wat ons wil bang maak - kan ons dapper en vol moed wees. Dawid en Benaja leer ons dit.

06 Sep 2026