True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

JacPod

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware intrigues agter van Suid-Afrika se mees berugte en skokkende misdade ooit. In dié veel bekroonde potgooi, vertel Jacaranda FM se Gerda de Sousa die stories agter ware misdaad verhale regoor die land. Seisoen 4 sluit ook 'n episode in waar die moord se tentakels gestrek het tot in naburige Botswana. Dis deel van die nuwe reeks wat op 17 Maart 2026 begin. True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe is nagevors, geskryf en vervaardig deur Nicole Engelbrecht vir haar gewilde True Crime South Africa reeks. Toekennings vir True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe: * Top 10 Potgooi reekse vir 2025 op Spotify South Africa * Brons toekenning by die 2025 Bookmark Awards * Top 5 Episodes op Spotify in 2024 * Silver toekenning in die Misdaad Kategorie by die 2024 South African * Podcasters Guild Toekennings * Goue toekenning by die 2023 New Generation Awards * Brons toekenning by die 2023 Bookmark Awards * Top 5 potgooi reekse op Spotify 2022 Meer oor True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe: True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware verhale van opgeloste en onopgeloste misdade. Dis een van die enigste misdaad potgooi reekse wat nie net fokus op die misdaad self nie, maar spesifiek ook op die slagoffers. Van die episodes strek meer as ’n eeu terug, terwyl daar in ander geluister kan word oor ’n meer onlangse verhaal wat Suid-Afrika tot stilstand geruk het. Luister by jacarandafm.com of op Spotify en Apple Podcasts!

Categories: Society & Culture

Listen to the last episode:

Die nuwe seisoen van dié bekroonde potgooi is terug met agt weeklikse episodes oor van Suid-Afirka se mees berugte misdaad intriges. Seisoen 4 strek van Botswana, met ’n moord in ’n buurt vol Suid-Afrikaners, deur Mpumalanga, Gauteng en tot in die Wes-Kaap. Luister weekliks van 17 Maart 2026! Volg die potgooi of teken in sodat jy nie nuwe episodes mis nie!

Previous episodes

  • 33 - Seisoen 4 vertel misdaad verhale waarvan jy moontlik nog nooit gehoor het nie 
    Tue, 10 Mar 2026 - 0h
  • 32 - Die Kroonstad Spoor Ramp 
    Tue, 29 Apr 2025 - 0h
  • 31 - Die reeks moordenaar, Sipho Thwala 
    Tue, 22 Apr 2025 - 0h
  • 30 - Die moord op Gabriela Kabrins Alban 
    Tue, 15 Apr 2025 - 0h
  • 29 - Die moord op Isaac Miggels 
    Tue, 08 Apr 2025 - 0h
Show more episodes

More South African society & culture podcasts

More international society & culture podcasts

Choose the genre of podcast