Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas

Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas

Tygerberg Gesinskerk se preke is prakties en relevant. Dit word weekliks opgedateer en kan gerus afgelaai of gedeel word. Besoek ons ook op YouTube om die preke te kyk.
00:00
00:00

Episode's summary

Jy kry net een lewe. Wat doen jy met dit wat God aan jou toevertrou het?Ons sien maklik wanneer water of geld vermors word. Maar besef ons wanneer ons ons eie lewe mors?In die eerste deel van ons reeks “Moenie jou lewe mors nie” kyk ons na Jesus se gelykenis van die talente in Matteus 25. Nie almal ontvang ewe veel nie, maar elkeen ontvang iets—en wat ons daarmee doen, maak saak.Jou tyd, talente en gawes, gesondheid, geld, geleerdheid, geleenthede en verhoudings is kosbaar én uitputbaar. Gebruik jy dit om jou eie koninkryk te bou, of om God se koninkryk uit te bou?Hierdie boodskap nooi jou om opnuut te vra: “Here, wat wil U hê moet ek doen met wat U vir my gegee het?”-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS 0:00 Intro12:06 Punt 2: Nie almal het eweveel ontvang nie | DIE OENSKYNLIKE AGTERSTAND17:34 Punt 3: Almal van ons moet werk met wat ons gekry het | DIE SON TREK WATER20:51 Punt 1: Dit behoort nie aan my nie, en ek behoort…

Episodes

649-

Mors jy jou lewe sonder om dit te besef? | 7 Uitputbare bronne – Deel 1

11 Oct 2026
648-

Waarom is God jaloers? | El Kana | Die Name van God - Deel 10

Wat beteken dit wanneer die Bybel sê God is ’n jaloerse God?In die afsluiting van ons reeks “Die Name van God” leer ons God ken as El Kana. Sy jaloesie is geanker in sy liefde vir ons en die kosbaarheid van ons verhouding met Hom.Ons ontdek wat dit beteken dat God:-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS 0:00 Intro04:46 God is JALOERS oor my as Sy bruid15:13 God is BESITLIK oor ons as Sy eiendom / slaaf24:37 God wil my nie deel nie Hy vereis my ONVERDEELDE TROU-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------Hierdie boodskap nooi jou om jou oë op Jesus te vestig, sonde te laat staan en elke dag te kies om Hom te volg. Selfs wanneer ons ontrou was, bly Hy getrou en nooi Hy ons om terug te kom na Hom.Hy het alles vir jou gegee. Sal jy jou alles vir Hom gee?Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier…

04 Oct 2026
647-

El Elyon – God die Allerhoogste | Name van God – Deel 9

Hoe verander jou lewe wanneer jy werklik glo dat God die Allerhoogste is?In hierdie boodskap kyk ons na El Elyon – God die Allerhoogste. Ons sien deur Abraham en Dawid se stories dat God bo elke mag, elke storm en elke omstandigheid staan.Wanneer ons verstaan wie El Elyon is, verander ons perspektief:• Ons besef dat alles aan God behoort en dat ons rentmeesters is van dit wat Hy aan ons toevertrou.• Ons ontdek dat Hy ons toevlug is, selfs wanneer ons omstandighede nie onmiddellik verander nie.• Ons leer om nie net op die grootte van ons probleme te fokus nie, maar op die God wat groter is as dit wat voor ons staan.Dawid se omstandighede in die grot het nie onmiddellik verander nie — maar sy perspektief het. Hy het geweet waarheen om te hardloop: na God, die Allerhoogste, sy toevlug en veilige vesting.Mag hierdie boodskap jou herinner dat jy nie altyd ’n kleiner probleem nodig het nie — soms het jy ’n groter perspektief op God…

27 Sep 2026
646-

Die Ewige God | God is nooit te laat nie

Ons lewe binne tyd. Ons raak moeg, ons omstandighede verander en soms voel dit asof God te laat is. Maar God is ewig — Hy verander nie, Hy raak nie uitgeput nie en Hy verloor nooit beheer nie. In hierdie preek ontdek ons wat dit beteken om God as die Ewige God te ken. Ons kyk na Sy onveranderlike karakter, Sy oneindige krag en die waarheid dat Hy steeds aan die werk is, selfs wanneer ons geen uitweg kan sien nie. Deur onder andere die verhaal van Lasarus word ons herinner: wat vir ons hopeloos lyk, is nie hopeloos vir God nie. Mag hierdie boodskap jou help om opnuut te rus in wie God is, Hom te vertrou met dit wat jou moedeloos maak, en met verwondering na Sy grootheid te kyk. -----------------------------------------------------------------------------------------------------------------Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK…

20 Sep 2026
645-

El Roi – Die God wat jou sien | Name van God – Deel 7

Het jy al ooit gevoel asof niemand jou werklik raaksien nie? Asof jy tussen mense staan, maar steeds alleen voel?In Deel 7 van ons Name van God-reeks ontdek ons El Roi – die God wat my sien.Deur Hagar se verhaal in Genesis 16 en 21 sien ons hoe God haar in die middel van haar woestyn ontmoet. Waar ander haar miskyk, ken God haar naam. Hy sien haar nood, Hy hoor haar uitroep en Hy tree in.Hierdie boodskap herinner ons dat God ons sien wanneer niemand anders ons raaksien nie – selfs wanneer ons onsself in moeilike omstandighede bevind. Sy genade is groter as die gemors waarin ons soms sit, en Hy sien dikwels dit wat ons self nog nie kan sien nie.Deur Hagar se woestynreis ontdek ons vier kragtige waarhede oor hoe God ons werklik raaksien:-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS0:00 Intro12:46 El Roi sien ons wanneer niemand anders ons raaksien nie21:02 El Roi sien ons binne die gemors wat foute veroorsaak het 28:54 El Roi is nie…

13 Sep 2026